KWALITEIT
DIENS
FAMILIEYD
FOTOGRAFIE

Drones word lankal nie meer gebruik net vir industriële en stokperdjie doeleindes nie. Meer en meer mense begin ook drones koop vir kwaliteit familietyd. Nie net sal ‘n live viewing drone die gesin vermaak nie, maar neem ook goeie kwaliteit fotos en stoor dit direk op jou foon terwyl jy dit tydens die vlug kan besigtig.

Ongeag of jy ‘n beginner of gesoute drone vlieënier is, een van die volgende drones sal aan jou behoeftes voldoen.

E58
(Drone X Pro)

Die E58 word beskou as die koning van intreevlak drones en staan ook bekend as die Drone X Pro. Hierdie drone is maklik hanteerbaar en vlieg stabiel. Met die Drone X Pro kry jy die perfekte kombinasie tussen fotografie, vlugtyd en vliegafstand.

H68
Bellwether

Die H68 Bellwether drone is veral bekend vir sy vlugtyd van ongeveer 20 minute lank. Met die H68 kry jy dieselfde vlugtyd ervaring as met baie groter modelle, teen ‘n fraksie van die prys. Hierdie drone stoor ook fotos en videos direk op jou foon tydens die vlug.

SG700
Selfie Quadcopter

Die SG700 het dit uiteindelik moontlik gemaak om ‘n hoë kwaliteit drone teen ‘n bekostigbare prys te koop. Gewoonlik sal ‘n hoë kwaliteit drone met ‘n HD kamera tussen R3000 en R4000 kos. Met die SG700 is dit glad nie die geval nie. Die twee kameras op hierdie drone verseker dat jy maklik lugfotos en -videos sal kan neem met die druk van ‘n knoppie.

PLAASLIK IN VOORRAAD
The Hobby Group staan bekend daarvoor dat parte vir alle drones plaaslik in voorraad gehou word en jy nie lank hoef te wag vir voorraad van oorsee nie. Die drone spesialiste by The Hobby Group maak die kies van die perfekte drone vir jou maklik en eenvoudig.